Raak asseblief betrokke deur ‘n kind se opvoeding vir ‘n jaar te borg by Kleuterskool Akkerdoppies.
Dit kos R600 per maand per kind, dus R7 200 per jaar per kind. Jy kan ook ‘n “halwe” kind borg of ‘n groep kan saam ‘n kind borg – elke bietjie help ongelooflik baie!
Donasies is belastingaftrekbaar, ons voorsien ‘n belastingsertifikaat.
Hoe werk dit?
Jy/ julle/ jou book club, kan kies om:
• ‘n Eenmalige betaling van R7200 te maak:
• Maandeliks R600 voor die 5de te betaal, of
• ‘n Debietorder by jou bank op stel om outomaties maandeliks die geld van jou rekening af te trek:
Wat gebeur volgende?:
1. Ons sal jou aan die einde van Junie in kennis stel van die besonderhede van die kind wat jy borg.
2. Ons sal vir jou ‘n vorderingsverslag stuur met ‘n kunswerk of twee plus ‘n nuusbrief met fotos.
3. Verder sal jy genooi word na die einde van die jaar kerskonsert om jou mensie te ontmoet.
Ons kort nog 4 borge, so as jy laas gedink het jy wil graag betrokke raak maar vergeet het, hier is jou kans!!
In die woorde van Nelson Mandela: “Education is the most powerful weapon you can use to change the world” – maak asseblief ‘n betekenisvolle verskil in ‘n minderbevoorregte kind se lewe.
Ons bank besonderhede is:
Nedbank Stellenbosch
Rek no: 149 811 6337
Tak Kode: 149 821
Ref: Jou naam